Relatiewe voorkoms

Die relatiewe voorkoms, soms ook: relatiewe aanwesigheid (RA), relatiewe teenwoordigheid, volopheid of veelheid verwys na die hoeveelheid waarin die isotope van 'n chemiese element natuurlik in die Aardkors aangetref word. Die geweegde gemiddelde massa van hierdie isotope verteenwoordig die atoommassa vir die element in die element in die periodieke tabel. Die verspreiding van 'n element wissel van planeet tot planeet. Die natuurlike verspreiding betref gewoonlik die verspreiding soos dit hier op Aarde gevind word.

Die persentasie verspreiding verwys na die relatiewe verhoudings, uitgedruk in persentasies, waarin die isotope van 'n element in die natuurlike bronne (op Aarde) aangetref word.

Die isotoopverhouding kan nogtans effens wissel en die meting daarvan kan belangrike inligting verskaf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne